Anja le Roux – Sports massage therapist

Anja le Roux

Desember 2019 Na my kurses met Marie is ek soveel meer “present” in elke oomblik. Die wereld en sy probleme raak nie minder nie, maar ek kyk beslis anders daarna. Daar is ook baie ander voordele tot die kurses; soos om die effek van asemhalings tegnieke te ervaar, om mindfulness en meditasie in my werks omgewing op my kliente toe te pas, om met ‘n sagtheid na myself te kyk en sien hoe dit dan oorvloei na ander en ook om insig vir ander te he. Die wereld sou n beter plek wees as almal die vlak van “compassion” gehad het wat Marie so maklik oordra aan ons. Ek is dankbaar dat ons paaie gekruis het. Desember 2020 (vervolg na nog sessies). Ek het geleer om in die oomblik te leef, hoe belangrik asemhaling is en die voordele wat Mindfulness op ‘n daaglikse basis inhou. Ek kyk na mense en na myself deur ander oë, wat dan “beter” reaksies op situasies veroorsaak. “beter”= ek reageer nie sommer op my emosies nie, maar meer op “compassion” en insig. Ek het geleer dat my lyf emosies stoor. Ek het meer in die laaste jaar gegroei saam met Marié as wat in die laaste 27 jaar gegroei het. Ek kyk anders na die lewe en het ‘n sterk onbeskryflike rustigheid binne in my. Marie luister met geen oordeel, met geduld en soveel liefde. Dit voel asof ek vir ‘n vriend kuier elke keer as ek haar sien. Anja le Roux Sport Maserings terapeut

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *