Letitia* – Home maker & mother

Ek het die kursus begin om iets vir myself te doen en meer van myself te ontdek. Ek is baie meer bewus van wat rondom my gebeur. Ek is ook meer bewus hoe ek ander mense hanteer. Die feit dat die kursus my leer van stilte het nogal baie gehelp Ek is is rustiger en meer kalm, want ek is nie meer so vinnig om te verdedig of sommer net aan te val nie. As jy rustiger is, kan jy nie soveel skade doen. Ek het geleer dat jou lyf praat. Ek kon baie negatief oor myself voel, maar begin glo ek is nie so “bad”. Ek begin eintlik van myself hou. Ek besef ek hoef nie altyd myself te breek om in ander se goeie boeke te kom. Ek sal iemand baie beslis aanbeveel om die kursus te doen, want dit is besig om vir my te help. Baie dankie vir die geleentheid, want dit leer ‘n mens om eerlik na jouself te kyk, jouself te verbeter en nie so hard op jouself te wees nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *